Ons Visie
Ons Visie is om ‘n inwonende geloofsgemeenskap te wees in ‘n gebroke wêreld deur ons geloofslewe in Jesus Christus uit te leef.
Ons bestaan om God se karaktertrekke van Sy wêreld in hierdie wêreld uit te leef.
Ons visie vloei uit Mattheus 5:14-16 Ons lig moet so skyn dat dit by mense uitkom. Ons lig kom van dié Lig, Jesus Christus wat se in Johannes 8:12 “En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê” ‘Ek is die lig van die wêreld; wie My volg sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” Om God se wêreld uit te leef, kom die kruisiging en Sy opstanding uit die dood van Jesus Christus sterk tevore. Daar deur het ons die ewige lewe beërwe en die dood en sonde oorwin maar die gebrokenheid van die wêreld wat bestaan uit siekte, sonde, droefheid, verlorenheid, verdeeldheid en pyn is op Hom geneem sodat ons nie langer hoef te ly nie. Ons kan nou God se wêreld in hierdie wêreld leef en dit is die storie oor God se koninkryk.
Ons glo dat die Woord van God (en dit is God) was en is en altyd sal wees. God is die Skepper van die hemel en die aarde. Hy het die mens geskep met ‘n besondere roeping: om Hom te ken en te verteenwoordig hier op aarde. Met die mens se rebellie teen God het hy sy roeping gemis, maar God het gekom en het die mens met Hom en hul roeping versoen in Jesus Christus. Ons word nuut gemaak deur Jesus Christus se bloed en volg Hom nou in sy koninkryk. Dit bewerkstellig God in ons deur Sy Gees aan ons te skenk. Ons deel hierdie hoop aand die wêreld omdat ons meer gelykvormig word aan Jesus. Daarom is ons kerk.
Die week se gebeurtenisse
- No events.
