Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 3/09/2010:

KOM NA DIE LEWENDE WATER:

Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!

Dankie, Here my God, dat ek deur U genade die Bron van lewende water gevind het en elke dag daardeur verryk en versterk kan word en geestelik kan groei.

Groei is die enigste waarborg van lewe.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 3/09/2010:

KOM NA DIE LEWENDE WATER:

Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!

Dankie, Here my God, dat ek deur U genade die Bron van lewende water gevind het en elke dag daardeur verryk en versterk kan word en geestelik kan groei.

Groei is die enigste waarborg van lewe.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 2/09/2010:

GOD VERLANG GEHOORSAAMHEID:

Daarom word daar gesê: “Vandag as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie, soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het nie. (Heb 3:15)

Heilige Gees van God, leer my voortdurend die les van absolute gehoorsaamheid aan my Meester.

Ons almal word as onderdane gebore en gehoorsaamheid beteken volmaakte vryheid. Hy wat dit doen, sal vry, veilig en gelukkig wees.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 1/9/2010:

GELOOF IS BELANGRIKER AS WONDERWERKE:

Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom ‘n wonderteken uit die hemel hê. (Mark 8:11)

Wonderwerkende God, dankie vir al die heerlike wonderwerke wat U doen, maar help my om onvoorwaardelik te glo.

Jesus self was die een en oortuigende wonderwerk van God.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 31/08/2010:

BOU JOU LEWE OP ‘N VASTE FONDAMENT:

Hy is soos ‘n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. (Luk 6:48)

Ewige Boumeester, gee aan my die genade om sò te bou aan my lewe dat die werk van my hande U goedkeuring sal wegdra.

God het goed en kwaad binne ons mag geplaas en aan ons die vryheid van keuse gegee. Hy hou die onwillige nie terug nie, maar omvou die gewillige met sy liefde.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 30/08/2010:

GEROEP OM GOD SE WERK TE DOEN:

Die kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom. (Luk 2:40)

Vader-God ek stel my opnuut beskikbaar, sodat U my kan gebruik soos U wil en tot U eer alleen.

Moenie vrees dat jou lewe tot ‘n einde sal kom nie, vrees liewer dat dit nooit sal begin nie.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 29/08/2010:

LOOF GOD VIR SY VERLOSSING:

Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan diè wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede. (Luk 1:78-79)

God van liefde, ek jubel oor U genade en loof en prys U heilige Naam sonder ophou.

Mense sal die kwaad nooit ernstig opneem of die noodsaaklikheid raaksien om God se genade te beproef voordat hulle aansluit by die verlossende doel van sy liefde nie.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 28/08/2010:

GOD IS ONS GENADIG:

Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. (Luk 1:68)

Ewige God, elke dag bewys U aan my onbegryplike genade. Laat my nooit daardie genade goedkoop maak nie.

‘n Geestesingesteldheid wat God in alles sien, is ‘n bewys van groei in genade en van ‘n dankbare hart.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 27/08/2010:

JOU OFFERANDE AAN GOD:

Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waaraan sy moes lewe.

Voorsiener – God, maak my getrou in my rentmeesterskap vir dit wat U uit genade aan my skenk.

Die twee dinge wat die grootste sëen meebring wanneer dit onder God se beheer staan, is ons tyd en ons geld.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen

Live From The Field

Goeie Môre Almal

Dagstukkie vir vandag 26/08/2010:

DIE BOSE VERVOLG DIE REGVERDIGE:

Toe stuur hulle ‘n paar van die Fariseërs en van die Herodiane na Jesus toe om Hom met ‘n vraag in ‘n strik te vang. (Mark 12:13)

Liefdevolle Vader, help my om alle vervolging om U ontwil met waardigheid te dra ter wille van die blydskap wat daarop volg.

Die martelare is vasgebind, gevange geneem, gegesel, verbrand en op die pynbank geradbraak – en tog het hulle vermenigvuldig.

Mag almal vandag ‘n gesëende dag hê.

Groete

Jaco Oosthuizen